Tamatiesap

Desember op die plaas. Hartjie van die somer. ’n Mag der menigdom ryp vrugte en groente! Vye, druiwe, turksvye en onder andere ook baba tamaties. Glo my, ek kla nie! Dit is heerlik om vars produkte letterlik net anderkant die draad te gaan haal. Dit sit sommeer ’n smile op jou bakkies! Daar is wel egter een klein probleempie, die bome/struike bly gee en ons kan net soveel eet!

So, op ’n plaas maak ’n boer… of boerin, ’n plan. Ma het vandag vye konfyt gekook en kort op haar hakke het ek gevolg met tamatiesap. ’n Moewiese emmer vol baba tamaties… om presies te wees 14,5kg en ek is op ’n missie. ’n Klein bietjie ondersoek op die intra-web en my plan neem vorm aan. Nou ja, hier wil ek net graag sê dat dit nie absoluut nodig is om baba tamaties te gebruik nie. Gewone tuin tamaties kan ook werk, maar probeer wegbly van die tipe tamatie wat jy vir drie weke in jou yskas aanhou en dan is dit nogsteeds smaakloos wanneer jy uiteindelik die moed bymekaar skraap om dit te gebruik.

Ek het my tamatietjies eers in helfte, dan kwarte gesny. Die seldery en uie het ek sommer rofweg opgekap. Spoel die seldery goed af om seker te maak dat alle sand en moontlike goggatjies verwyder is, gebruik dan ALLES – stingels, blare – die hele lot. Vir die uie sou ek graag rooi-uie wou gebruik, ek reken dit sou die sap ’n ekstra soet smakie gee, maar in die metropolis wat Keemanshoop is moes ek maar settle vir gewone wit uie!

Nou ja, ek verwag glad nie dat jul almal onmiddellik PnP toe jaag en 14kg tamaties gaan koop nie, so ek het die resep ietwat verminder vir die normale huishouding wat nie in die volgende ses maande nogsteeds tamatiesap wil drink nie. In elk geval sal die sap ongeveer net vir ’n week in die yskas vars bly voordat dit sal begin gis – amper soos tamatie sous wat by kamer temperatuur aangehou word.
Let tog wel op, as jy besluit om ’n groot hoeveelheid te maak:
1. Dit is ’n job wat lank vat, want jy moet HELE klompie sous deur ’n sif druk… ja, jy het reg gehoor – sien metode hieronder.
2. Leer uit my foute en sit ’n voorskoot aan. Dit is ’n morsige, spatterige storie en my klere het ’n hele klomp tamatie sous vlekke na dese.

my brousel... in 'n pot... op die stoof!

my brousel… in ‘n pot… op die stoof

nou prut hy lekker!

nou prut hy lekker!

Bestandele
1,5kg ryp tamaties, rofweg opgekap
1 ¼ koppies seldery (stingels en blare), rofweg gekap
¼ koppie ui, rofweg gekap
2 eetlepels suiker (of na smaak)
1 teelepel swartpeper
6-8 druppels Tabasco (of na smaak)

dit lyk soos sop nadat dit versap is.

dit lyk soos sop nadat dit versap is

tabasco gee dit daai zing!

tabasco gee dit daai zing!

Metode
• Plaas al die bestandele in ’n groot pot. As jy ’n lekker groot pressure cooker het, kan dit werk. Bring die mengsel tot op ’n hitte waar dit prut en kook dan, sonder die deksel, vir ongeveer 25-30 minute todat dit sopperig is.
• Die mengsel kan nou deur ’n voedsel of sap verwerker geplaas word, maar wees versigtig – dit is ’n warm storie en jy wil definitief nie jouself verbrand met ’n warm tamatie sous nie. As jy wel haastig is soos ek, gebruik sommer ’n stick blender met ’n smoothie blade. Dit kan jy direk langs die stoof aan krag koppel en die mengsel in die pot versap.
• Nou gaan die mengsel deur ’n sif forseer word. Dis nou waar die morsige gedeelte inkom! Bly druk die mengsel deur die sif totdat daar letterlik net droe velletjies en pitte agterbly – hou dit eenkant. Onthou om die onderkant van die sif ook in die tamatiesap mengsel af te skraap. Die lekker dik pulp gee die sap nou eers smaak!

forseer die mengsel deur die sif.

forseer die mengsel deur die sif

maak seker jy skraap die pulp af... njom!

maak seker jy skraap die pulp af… njom!

• Na ek die mengsel versap het, was dit eers proe tyd. Ek proe ALTYD! Hoe anders moet mens weet hoe dit smaak en wat nog kort? Hier kan jy nou besluit of jy meer soet, sout of spicey wil gaan! Vir my is dit altyd nog brand – hoe warmer, hoe beter! Ek het ook in plaas van gewone Tabasco, die Chipotle weergawe gebruik. Dit het ietwat minder byt en ’n heerlike gerookte geur.
• Gooi jou sap in houers/bekers en laat dit heeltemal afkoel tot by kamer temperatuur. Dit kan nou bedek en in die yskas geplaas word.

velle, pitte en als wat nie saak maak.

velle, pitte en als wat nie saak maak

die eindproduk :)

die eindproduk!

Wat van die pitte en skilletjies, vra jy? Dit het op ma se kompos hoop beland. Op hierdie plaas gaan niks verlore nie!
Jannie Olivier… So doen mens dit op ’n plaas :p

Advertisement

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s