Tamatiesap

Desember op die plaas. Hartjie van die somer. ’n Mag der menigdom ryp vrugte en groente! Vye, druiwe, turksvye en onder andere ook baba tamaties. Glo my, ek kla nie! Dit is heerlik om vars produkte letterlik net anderkant die draad te gaan haal. Dit sit sommeer ’n smile op jou bakkies! Daar is wel egter een klein probleempie, die bome/struike bly gee en ons kan net soveel eet!

So, op ’n plaas maak ’n boer… of boerin, ’n plan. Ma het vandag vye konfyt gekook en kort op haar hakke het ek gevolg met tamatiesap. ’n Moewiese emmer vol baba tamaties… om presies te wees 14,5kg en ek is op ’n missie. ’n Klein bietjie ondersoek op die intra-web en my plan neem vorm aan. Nou ja, hier wil ek net graag sê dat dit nie absoluut nodig is om baba tamaties te gebruik nie. Gewone tuin tamaties kan ook werk, maar probeer wegbly van die tipe tamatie wat jy vir drie weke in jou yskas aanhou en dan is dit nogsteeds smaakloos wanneer jy uiteindelik die moed bymekaar skraap om dit te gebruik.

Continue reading

Advertisement